Peya soek inligtingskommissaris

Die Namibiese minister van inligting, Peya Mushelenga wil hê ‘n onafhanklike en onpartydige kommissaris van inligting moet aangestel word om toegang tot inligting toe te pas. Volgens Mushelenga, moet daar ‘n adjunk ook wees. Hy wil hê die Nasionale Vergadering moet die kwessie bespreek. In sy mening moet die kommissaris en sy adjunk openbare entiteite sowel as ministeries en regerings agentskappe dwing om inligting vry te stel om te verseker dat aanspreeklikheid en deursigtigheid teenwoordig is.