PEPFAR word verder uitgebrei

Die Amerikaanse ambassade in Namibië se PEPFAR-program vorder goed, volgens Walter Parrs, die woordvoerder van die ambassade. Die program wat om MIV/Vigs fokus is een van die suksesvolste ter wêreld. Parrs sê die program sal steeds een van die belangrikste prioriteite vir die ambassade wees en daar word nou saam met die Namibiese gesondheidsministerie gewerk om die gesondheid en veiligheid van Namibiërs te verseker.