Covid-inentings bly vrywillig

Namibiese owerhede oorweeg nie op die stadium enige verpligte inentings nie. Volgens die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, is dit steeds vrywillig en daar is geen planne op die oomblik om dit aan te pas nie.