Pele sterk goed aan na operasie

Die Brasiliaanse legende Pele skryf op sy Instagram-blad hy herstel goed na afloop van sy operasie in Sao Paulo om ‘n gewas aan sy kolon te verwyder. Hy is sedert verlede Dinsdag in die hospitaal vir roetine kardiovaskulêre en laboratorium-ondersoeke. Die 80-jarige skryf hy sal hierdie stryd met ‘n glimlag, baie optimisme en lewensvreugde benader. Pele is die enigste speler in die geskiedenis wat drie Wêreldbeker-toernooie gewen het en word deur baie mense beskou as die beste sokkerspeler van alle tye.