SA-ekonomie groei met 1,2%

Suid-Afrika se ekonomie het in die tweede kwartaal met 1,2 persent gegroei, maar is steeds 1,4 persent kleiner as voor die Covid-19-pandemie, ondanks vier agtereenvolgende kwartale se groei. Dit het in die eerste kwartaal met 1 persent toegeneem. Uitvoere het met vier-persent gegroei, meestal danksy handel in mineraalprodukte, pêrels, edelstene en half-edelstene, edelmetale, en voertuie en ander vervoer-toerusting. Statistieke Suid-Afrika sê huishoudelike uitgawes het met 0,5 persent toegeneem, meestal aangevuur deur ‘n styging in huishoudelike besteding aan vervoer, kos en nie-alkoholiese drankies, en gesondheid.