PDM-raadslede kry opleiding in dienslewering

Die politieke leierskap van die Popular Democratic Movement het op Otjiwarongo byeengekom om opleiding te kry in kwaliteit en doeltreffende dienslewering. Die opleiding is spesifiek daarop gemik om die 30 deelnemers van plaaslike en streeksowerhede te bekwaam om kwaliteit en doeltreffende diens te lewer aan die mense wat hulle aan bewind verkies het. Die raadslede bedien die party in die Katutura Sentrale-kiesafdeling, Stad Windhoek, en die munisipaliteite van Tsumeb, Walvisbaai, Gobabis, Outjo en Otjiwarongo. Roberto Dirkse, die amptelike woordvoerder van die PDM -leier, McHenry Venaani, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.