Buy Local, Grow Namibia-veldtog se tweede fase geïmplementeer

Die Namibiese handelsminister, Lucia Iipumbu, het fase twee van die Buy Local, Grow Namibia-veldtog vandag by die VN Huis in Windhoek van stapel gestuur. Sy het gesê die eerste fase was ‘n sukses en die land maak vordering tot selfvolhoubaarheid. Die minister het gesê alhoewel ons baie geleer het om met die Covid-pandemie saam te leef, moet ons lesse leer om selfonderhoudend te wees. Sy het met die Namibiese dagblad, Republikein, gepraat.