Wes-Kaap versoek Britse minister om SA van rooilys te verwyder

Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, David Maynier, het aan die Britse minister van buitelandse sake, Elizabeth Truss, geskryf en gevra die Verenigde Koninkryk moet oorweeg om Suid-Afrika te verwyder van die land se rooilys. Maynier sê die brief is een van vele stappe wat die provinsiale regering gedoen het om die Wes-Kaapse toerismebedryf weer op dreef te kry.