PDM hou sy eie ‘introspeksie’ konferensie

Die Popular Democratic Movement gaan aan die einde van Junie ‘n konferensie hou om die party se prestasies tydens vorige verkiesings te evalueer. PDM het setels in die Nasionale Vergadering gewen, maar setels op streeksvlak verloor. Die sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het gesê die konferensie sal vanaf 21 tot 25 Junie plaasvind.