Hierdie dinosourus was 30 meter lank!!!

Australiese wetenskaplikes het ‘n nuwe dinosourus-spesie wat in 2007 ontdek is as die grootste ooit op dié vasteland geklassifiseer. Die Australotitan cooperensis of suidelike titaan is een van die 15 grootste dinosourusse in die wêreld. Kenners sê die titanosourus was tot 6,5 meter hoog en 30 meter lank, wat beteken hy was waarskynlik so lank soos ‘n basketbalbaan. Die eerste titanosourus-geraamte is op ‘n plaas in die suidweste van Queensland ontdek. Hierdie dinosourusse het in die Kryt-tydperk, 92- tot 96 miljoen jaar gelede, op die vasteland rondgeloop.