Pepfar staan huishoudings by

Die Amerikaanse regering het sedert Februarie voedselhulp aan meer as 10 000 Namibiese families in droogtegeteisterde gebiede geskenk. Die voedselhulp word deur die Pepfar-program en USAID befonds en is in die vorm van kosbewyse met ‘n totale waarde van meer as ses miljoen Namibiese dollar. Die Amerikaanse ambassade se woordvoerder, Walter Parrs, gee meer besonderhede.