PDM-hoofsweep vaar uit in NV oor vereistes van weermag-rekrute

Die werwing van rekrute vir die Namibiese weermag het vandag in die Nasionale Vergadering gedraai. Namibiese jeug is uitgenooi om aansoek te doen vir poste in die weermag, maar daar is ‘n hele paar voorwaardes waarin hulle moet voldoen, soos ‘n sekere simbool in Engels en ‘n Covid-inentingsertifikaat. Rekrute moet ook binne ‘n sekere gewig wees en ‘n fikstoets aflê soos om 2,4 kilometer in ‘n sekere tyd te hardloop. Die Popular Democratic Movement se hoofsweep, Elma Dienda, het vandag in die parlement uitgevaar oor die vereistes.