Verwarring heers oor heropening van grensposte tussen Namibië en SA 

Verwarring heers in die Namibiese toerisme-sektor oor watter grensposte tussen Suid-Afrika en Namibië heropen het. Volgens die departement van binnelandse sake in Suid-Afrika is alle oorblywende grensposte vir internasionale reis heropen. Die oorblywende grensposte tussen Suid-Afrika en Namibië is Onseepkans, Rietfontein, Mata-Mata en Sendelingsdrift. Sendelingsdrift is egter nie gereed vir onmiddellike heropening nie weens die watervlakke van die rivier en die vlot wat gebruik word. SANParke het egter aan die Namibiese toerisme-rolspelers gesê Mata Mata en Rietfontein is steeds toe. Die Namibiese ministerie van binnelandse sake sal binnekort ‘n mediaverklaring oor die Namibiese grensposte uitreik.