PCR-toetse kan maar waai, sê kenner

Suid-Afrika ondersoek die skrap van PCR-Covid-toetse vir ten volle ingeënte besoekers, of om blitstoetse toe te laat. Tans vereis Suid-Afrika ‘n negatiewe PCR-Covid-toets, nie ouer as drie dae nie, van besoekers. Geen uitsonderings word vir persone wat ten volle ingeënt is gemaak nie, en blitstoetse is ook nie voldoende nie. Namibiese pulmonoloog, dr. Willie Bruwer, sê dit sal ‘n goeie stap vir die buurland wees om PCR-toetse te skrap, en hoop Namibië volg in Suid-Afrika se voetspore.