Namcor sê Shell-uitslae sal einde Januarie bekend wees

Die nuus dat Shell ‘n vloeistof in ‘n Krytreservoir in sy eksplorasieblok 300 kilometer van Lüderitz gevind het, het wyd reaksie uitgelok. Die plaaslike petroleum maatskappy Namcor sê hy wag nog op die uitslae van toetse wat Shell op die vloeistof uitvoer. Die Suid-Afrikaanse energiekenner Ted Blom het reeds aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat dit moontlik olie, gas of ‘n mengsel van die twee, bekend as kondensaat, kan wees. In iedere geval sal dit van uitstaande gehalte moet wees omdat die Kudu-gasveld baie hoë gehalte gas het, en net 14 kilometer van die kuslyn is. Shell se vonds, sou dit kommersieel vatbaar wees, sal uiters duur wees om te ontgin. Uitslae behoort teen die einde van die maand beskikbaar te wees.