Patentreg op entstowwe moet waai

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê hy steun ten volle die tydelike opheffing van handelsverwante intellektuele eiendomsreg om wêreldwye toegang tot Covid-19-entstowwe te verhoog. Die Wêreld-gesondheidsorganisasie sê slegs twee-persent van die bevolking in lae- en middel-inkomste-lande is ingeënt. Die wêreld benodig minstens tien-miljard dosisse entstof om ‘n Covid-19-ramp in ontwikkelende lande te verhoed. Angelique Coetzee van SAMA sê die wêreld sal eers veilig wees wanneer die hele wêreldbevolking ingeënt is: