Fishrot-voorverhoor vandag

Die tien Fishrot-verdagtes sal vandag weer voor Regter Christie Liebenberg verskyn in voorverhoor verrigtinge. Die twee sake wat aangehoor word handel oor die 150 miljoen dollar omkoopsaak en die Nengomar Pesca Namibië belastingontduikingsaak. Liebenberg het in Mei het die aansoek om die twee sake saam te voeg tot 12 Julie uitgestel. Tydens die vorige verskyning het die beskuldigdes se regsverteenwoordigers bevestig dat hulle al die dokumente, soos aangevra, van die Staat ontvang het.