Biden-vergadering was opbouend – Putin

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê hy en sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, het baie bereik tydens hul vergadering in Genève, Switserland. Die twee leiers het ondermeer kuberaanvalle en die behandeling van die Russiese opposisieleier Alexei Navalny bespreek. Putin het die vergadering as opbouend beskryf. Biden sê dit was belangrik om persoonlik te vergader, sodat daar nie onduidelikheid kon wees oor sy voornemens nie. Hy sê hy het aan Putin gesê die VSA sal voortgaan om kwessies oor fundamentele menseregte aan te spreek: