Passasierskepe belangrik vir toerisme in Kaapstad

Volgens Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, James Vos, word die eerste passasierskip in die V&A Waterfront op 18 November verwag en ‘n verdere 36 skepe tussen November 2021 en Mei 2022. In die 2018-2019-seisoen het 52 000 passasiers van plesierskepe Kaapstad besoek. Die stad is ‘n stigterslid van die Cruise Cape Town-inisiatief wat deel uitmaak van Kaapstad se toerisme-ontwikkelingstrategie.