Twee Amerikaners ontvang Nobelprys vir Medisyne

Twee wetenskaplikes van Amerika het vanjaar se Nobelprys vir Medisyne ontvang. David Julius en Ardem Patapoutian is vereer vir hulle ontdekking van temperatuur- en aanrakingsreseptors. Volgens die Nobel-komitee stel dit die mensdom in staat om te verstaan hoe hitte, koue en meganiese krag die senu-impulse aan die gang sit wat mense in staat stel om waar te neem en aan te pas. Die kennis kan blykbaar gebruik word om ‘n wye reeks siektes te behandel. Julius en Patapoutian sal die prysgeld van byna 15 miljoen Namibiese dollar deel.