Pasgebore baba oorleef drie dae in puttoilet

‘n Pasgebore babameisie het drie dae in ‘n puttoilet oorleef nadat sy daarin gegooi is in die Ohai-lulu-nedersetting by Okatana in die Oshana-streek. Volgens die Namibiese polisie in die streek is ‘n 20-jarige Angolese vrou in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die verdagte, ‘n huiswerker, is onder polisiebewaking in die Oshakati-staatshospitaal. Die eienaar van die huis het die baba hoor huil en haar gevind. Die baba is deur die polisie gered en ook na die Oshakati-staatshospitaal geneem.