Naledi Pandor verduidelik waarom SA onpartydig is oor Oekraïnse inval

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê Suid-Afrika het gebly by sy onafhanklike, onpartydige siening oor die Oekraïnse inval. Suid-Afrika was, soos Namibië, een van 58 lande wat buite stemming gebly het in die stemproses om Rusland uit die Verenigde Nasies se Menseregteraad te skors. Pandor het die media ingelig oor die jongste inligting rondom die oorlog in die Oekraïne.