Baba-storting kom weer voor, minister sê dis groot uitdaging

‘n Baba-fetus is vanoggend in ‘n rivierbedding in Abraham Mashegostraat in die hoofstad gevind. Die polisie kon nie bevestig of die fetus ‘n seun of dogter is nie en daar is tans geen verdagtes nie. Baba-storting kom redelik gereeld in die land voor. Die adjunk gesondheidsminsiter dr. Ester Muinjangue het ‘n beroep op swanger vroue gedoen om eerder hulp te soek.