Padveiligheidveldtog volgende week van stapel gestuur

Met die feesseisoen wat nader kom, sal gesinne na bestemmings ry om die vakansie saam met geliefdes te geniet. Die Motorvoertuig Ongelukkefonds sal op 18 November ‘n padveilgheidveldtog van stapel vir die feesseisoen stuur. Die veldtog is daarop gemik om padongelukke, beserings en sterftes te verminder. Daar gaan opgetree word teen algemene padoortredings soos spoed, drink en bestuur, en die oorlading van voertuie, wat die hoof-oorsake van noodlottige padongelukke in Namibië is. Ruben Uupindi, die Motorvoertuig Ongelukkefonds se senior bestuurder van nooddienste gesels met Kosmos 94.1 Nuus.