Bokke is vasberade om Franse te oorkom

Die Springbokke is voornemens om Frankryk se onoorwonne lopie van 11 oorwinnings kort te knip wanneer die twee spanne môreaand in Marseille kragte meet. Die wedstryd word allerweë beskou as ʼn belangrike mylpaal voor volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk, aangesien die Bokke hulleself teen ʼn sterk tuisspan kan toets wat tans die nommer twee-span in die wêreld is. Volgens die flank, Pieter-Steph du Toit, is Frankryk ʼn indrukwekkende span: