Namibië vaar sleg in peiling oor wet en orde

‘n Nuwe peiling deur die internasionale organisasie Gallup, toon dat Namibië die twaalfde slegste land in die wêreld is as dit kom by veiligheid. Die land het 65 uit 120 behaal vir wet en orde. Volgens die peiling voel net 41 persent van Namibiërs veilig as hulle alleen op straat loop. Misdaad raak ‘n groter uitdaging in die land met net meer as 92 000 kriminele sake wat in die 2020-2021 boekjaar in die land bevestig is – dit is net meer as 252 daagliks. Khomas het 34 persent van die misdaad gehad met Oshana met 11 persent en Otjozondjupa op 8 persent. Daar was amper een moord per dag op 308, en net meer as 3 verkragtings daagliks, op 1 205. Inbrake het gemiddeld 20 keer daagliks plaasgevind met 7 487 wat aangeteken is. Daar was strawwe inperkings tydens 2020 as gevolg van Covid-19.