Padongelukfonds skuld SA mediese kenners miljoene

Mediese kenners in die buurland wat slagoffers ondersoek wat na ongelukke eise by die Padongelukfonds instel, sê hulle sukkel om betaling vir hul dienste te kry. Die Johannesburgse neurochirurg Percy Miller het gesê hy wag al jare op betaling vir kennersverslae wat hy oor slagoffers geskryf het. Hy voer aan die fonds skuld hom en sy kollegas sowat 12 miljoen rand. Die woordvoerder van die fonds, William Maphutha, sê hulle is van voorneme om diensverskaffers te betaal en het reeds inligting verskaf oor hoe die betalingsproses werk.