Bosasa-korrupsiesaak oorgeplaas na hooggeregshof

Die Handelsmisdaadhof in Pretoria het gelas die bedrog- en korrupsie-saak teen Bosasa en die departement korrektiewe dienste moet verskuif na die hooggeregshof. Die Ondersoekdirektoraat se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê die saak van 1,8 miljard rand wat die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi en sy medebeskuldigdes betrek, sal met of sonder Agrizzi na die hooggeregshof oorgeplaas word.