Plaas Sandhof môre oop vir leliekykers

Die plaas Sandhof waar die pienk lelies blom, maak môre vir die publiek oop, het die eienaar Maritza Morgan bevestig. Dit sal voorlopig oop wees tot volgende week Woensdag of Donderdag. Sy sê die blomme is onvoorspelbaar en hul leeftyd ook. Hou gerus hul Facebook-blad, Sandhof Farm Lilies, dop vir meer inligting.