Owerhede moet beter maatreëls instel teen ontvoerings

Ontvoerings van veral kinders by skole het ‘n daadwerklike probleem in Suid-Afrika geword. ‘n Elf-jarige dogtertjie wat in November buite haar skool in Mayfair in Johannesburg ontvoer is, is veilig teruggevind en die bekende onderwys-aktivis, Hendrick Makaneta, sê dis uiters belangrik dat die onderwysdepartement maatreëls instel wat sal meehelp dat sulke voorvalle nie in die toekoms plaasvind nie: