Maak seker jou instansie word plaaslik erken

Talle jongmense skryf die tyd van die jaar in by verskeie instellings om kursusse te doen en daar is baie opsies, ook aanlyn, vir die voornemende studente. Maar, daar is uitdagings met studente wat baie geld vir die kursusse betaal net om uit te vind dat die instansie nie plaaslik geakkrediteer is nie. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid Frans Gertze het weer ‘n beroep gedoen dat studente sekermaak dat hulle kwalifikasies plaaslik erken sal word.