Verdedigingsverdrag tussen Aussie en Japanese onderteken

Japan en Australië het ‘n waterskeidings-verdrag onderteken om verdedigingsbetrekkinge te verstewig wat sal bydra tot die streek se stabiliteit. Volgens nuusagentskappe het die Australiese premier, Scott Morrison, in sy verklaring nie direk na Beijing verwys nie, maar die ooreenkoms word tog gesien as ‘n volgende stap deur die streek se bondgenote om hul kommer te toon oor Sjina se militêre opbou. Japan en Australië werk saam met Amerika en Indië om ‘n alliansie te vorm in antwoord op Sjina se groeiende teenwoordigheid regdeur Asië en die gevaar wat dit inhou vir internasionale seeroetes.