Ouma red ‘krimpvarkie’

‘n Vrou in Cheshire, Engeland, het wat sy glo ‘n verlate baba-krimpvarkie was, gered en dit na ‘n plaaslike dierehospitaal geneem. Dit was toe ‘n grys-swart pompom van ‘n mussie. Die Lower Moss Wood Nature Reserve & Wildlife Hospital het in ‘n Facebook-plasing gesê die vrou het die ‘krimpvarkie’ gered, huis toe geneem en die volgende dag veearts toe gevat omdat die diertjie nie beweeg het of geëet het nie. Veearts Janet Kotze sê die vrou was ‘n ouer dame. Sy voeg by dat van ‘n afstand af neem mens dit op sigwaarde. Die vrou het die diertjie nie hanteer nie. 

Foto: Verskaf