Nujoma ontvang behandeling in hoësorg

Kosmos 94.1 Nuus verneem dat die stigterspresident Sam Nujoma behandeling ontvang het in ‘n hospitaal in die hoofstad. Hy was eers in ‘n gewone saal maar is na hoësorg verskuif. Hy was vir ongeveer ‘n week en ‘n half behandel voor hy Saterdag ontslaan is. Daar is berigte dat hy dialise ontvang by die huis. Bronne met wie Kosmos 941. Nuus gesels het sê dit gaan met hom redelik goed. Nujoma sal op 12 Mei sy 95ste verjaarsdag herdenk.