Bosa-leier stuur versoekskrif aan Gordhan om ligte aan te hou

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, gaan môre ‘n openbare versoekskrif van stapel stuur wat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, dwing om seker te maak die kragtoevoer word herstel na skole, hospitale en polisiestasies. Gordhan gaan appelleer teen die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing om die kragtoevoer binne 60 dae te verseker. Bosa se woordvoerder, Sbu Zondi, doen ‘n beroep op Gordhan om op te hou om tyd en belastinggeld te mors op ligsinnige hofsake en eerder die mense se behoeftes te dien.