DA se advertensie, met landsvlag wat brand, lok reaksie uit

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur Zizi Kodwa is geskok oor die DA se politieke advertensie waarin Suid-Afrika se vlag brand. Kodwa veroordeel dit as aanstoorlik en beledigend, en sê die vlag verteenwoordig die land se eenheid, aspirasies en demokrasie. Hy kritiseer die DA-leiers vir hulle desperaatheid en roekeloosheid, en sê pogings om Suid-Afrikaners met die vlag te verdeel sal nie slaag nie. Die woordvoerder van die ministerie Litha Mpondwana sê die vlag behoort nie gebruik te word om verdeeldheid te saai nie: