Swapo te arm vir ‘n kongres? Dis nonsens!

Advokaat Richard Metcalfe het bevestig dat sy kliënte wel opdrag gegee het dat die kwessie van ‘n buitengewone kongres vir Swapo in die hof sal draai. Daar was vanoggend berigte dat die party nie geld het nie omdat hy miljoene in 2023 bestee het vir partybyeenkomste om Netumbo Nandi-Ndaitwah as presidensiële kandidaat bekend te stel. Metcalfe sê dis nonsens.