Otjozondjupa-goewerneur sê boere moet klimaats-bestand boer

Volgens die reënvalbulletin van die Namibiese Meteorologiese Dienste was die reënseisoen vanaf 1 Oktober 2021 tot 28 Februarie 2022 vir die Tsumkwe-gebied vanaf Gam tot by Eiseb in die Otjozondjupa-streek onder-gemiddeld, wat tot water-uitdagings kan lei. Volgens die uitvoerende direkteur in die omgewingsministerie, Teofilus Nghitila, voorsien die regering ná die droogte van sewe jaar erge droogtes, vloede en veranderinge in landbou-seisoene weens klimaatsverandering. James Uerikua, goewerneur van die streek, sê boere moet meer klimaats-bestand boer.