SA Menseregtekommissie veroordeel optrede van vigilante

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie is diep bekommerd oor die voortdurende spanning in Diepsloot, Gauteng. Die MRK sê die wrede moord op Elvis Nyathi is ‘n tragiese en verregaande daad deur eiegeregtigheidsgroepe en moet deur alle wetsgehoorsame mense veroordeel word. Die kommissie sê buitelanders word die skuld gegee en geteiken vir die maatskaplike euwels in gemeenskappe. Hy het weer ‘n beroep gedoen op gemeenskapsleiers, politici en die amptenary om hulle te weerhou van die aanmoediging van inwoners om die reg in eie hande te neem.