Stormers klop Bulle net-net, Haaie sink Leeus

Die Stormers was net-net te sterk vir die Bulle in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd en het met 17-15 gewen. Hul oorwinning is veral danksy die ou staatmaker Manie Libbok met sy skopskoen, terwyl Chris Smith sy deel vir die Bulle gedoen het. Dit beteken die Stormers bly vanjaar onoorwonne in VRK-wedstryde, hoewel hulle in Desember teen die Leeus verloor het. In Durban was die Haaie te goed vir die Leeus en het hulle 37-10 geklop. Die Haaie het vier drieë gedruk en ‘n bonuspunt ingesamel.