Opvoedingsveldtog in Scenerypark na dood van 21 tieners

Die Buffalo City-metropolitaanse munisipaliteit en die Oos-Kaapse Drankraad het met ‘n opvoedingsveldtog begin in Scenerypark, Oos-Londen, om die gemeenskap en taverne-eienaars in te lig oor die reëls en verantwoordelikhede met die gebruik van alkohol. Dit volg nadat 21 tieners voorverlede Sondag in die eNyobeni-taverne dood aangetref is. Die woordvoerder van die stad, Samkelo Ngwenya, sê hulle het agt tavernes besoek en verskeie klagtes aangehoor: