Italië kondig noodtoestand af – droogte

‘n Noodtoestand is afgekondig in vyf noordelike streke in Italië wat deur die ergste droogte in 70-jaar geraak word. Die regering het 620 miljoen Namibiese dollar in noodfondse geoormerk om die streke van Emilia-Romagna, Friuli Venezia Giulia, Lombardy, Piedmont en Veneto in die droogte by te staan. Sommige stede en dorpe in die noorde, insluitend Verona in Veneto, het waterbeperkings ingestel. Die regering sê die noodtoestand is daarop gemik om die huidige situasie met buitengewone magte en op buitengewone maniere te bestuur.