Sewes: Blitsbokke in kwarteindronde

Die Blitsbokke het hulle plek in die kwarteindronde van die Sewestoernooi in Singapoer verseker met ‘n sege van 20-19 oor Frankryk. Hulle was rustyd reeds 15-nul voor, maar Frankryk het met drie vinnige drieë die voortou geneem, voordat die Bokke in die laaste sekondes seker gemaak het van hulle vierde drie. Fidji het Ierland in nog ‘n wedstryd met 26-19 geklop. Suid-Afrika se vroue is vanoggend met 34-7 deur Japan die loef afgesteek.