N$3,5 miljard belastingbedrog: Lasbriewe vir twee uitgereik

Die Windhoek-landdros Esme Molefe het ‘n lasbrief vir Huang Jinrong verleng en nog een vir Shuhua Cao uitgereik, na die twee weer nie in die hof verskyn het in verband met die 3,5 miljard Namibiese dollar se belastingbedrog nie. Die saak met tien beskuldigdes wat die omstrede Jack Huang en plaaslike sakeman Laurensius Julius insluit, sou oorgedra word aan die hoërhof vir verhoor. Die staat beweer dat die groep die waarde van invoere vanuit China onderwaadeer het en dus het die ontvanger 3,5 miljard Namibiese dollar verloor. Die saak is tot 29 November uitgestel vir owerhede om die twee vermiste Chinese burgers op te spoor.