Oprah-student ontvang doktorsgraad

Die Rhodes Universiteit in die Oos-Kaap het sy trots uitgespreek oor die eerste alumnus van die Oprah Winfrey Leierskap Akademie vir Meisies wat ‘n doktorsgraad behaal het. Lindiwe Tsope het haar doktorale navorsing gedoen oor die ervaring van studente en personeel aan die universiteit wat met MIV en Vigs moet lewe. Die universiteit sê haar navorsing was betekenisvol en dien ook as belangrike verwysingsmateriaal vir belanghebbendes soos portuurgroepe en verpleegkundiges.