Reuse verlies in inkomste vir GRN as gevolg van Covid

Die regerings van meeste ontwikkelende lande het groot verliese gehad as gevolg van Covid. In Namibië is meer as 11 200 werksverliese van 983 werkgewers in die vorige finansiële jaar aangeteken. Terwyl werksverliese die uitdagings van werkloosheid vererger, is daar ander kwessies verbonde. Die Namibiese Ministerie van Finansies het vroeër aangekondig dat die Ontvanger meer as 2 miljard Namibiese doller verloor het tydens die pandemie. Dit sluit verliese in individuele inkomste en korporatiewe belasting in. Individuele belasting betalers het ongeveer 12,7 miljard doller in 2020-2021 betaal, 10,3 persent minder as in die vorige jaar terwyl maatskappye, wat alle mynbedrywighede uitsluit, amper 16 persent minder belasting betaal het. BTW inkomste het ook met 30 persent gedaal tot 8,1 miljard doller. In Suid-Afrika is die prentjie nie anders nie. Verhoogde werkloosheid en salarisbesnoeiings het tot ‘n verkleinde belastingbasis gelei het. Die Hoof van die Universiteit van die Vrystaat se Belastingdepartement, Annelize Oosthuizen, sê statistieke wys ‘n groot daling in die regering se inkomste.