Shalulile en Hotto blink weer uit!

Twee Namibiese sokkerspelers, Peter Shalulile en Deon Hotto, is deel van die agt genomineerdes vir die gesogte KICK OFF Sokkerspeler van die Seisoen. Die 27-jarige Shalulile is vir die tweede agtereenvolgende jaar genomineer en hoop om hierdie keer met die louere weg te stap. Hy is een van die duurste spelers in die streek en draf tans vir Mamelodi Sundowns uit en Hotto vir Orlando Pirates.