Opperhoof sleep raadsvoorsitter van OTA hof toe

Die verdeeldheid in die Ovaherero-tradisionele owerheid blyk om te verdiep en handel moontlik oor meer as die nuutverkose opperhoof professor Mutjinde Katjiua se motor.  Katjiua het ‘n dringende aansoek vandag teen hoof Vipura Kapuuo wat ook die voorsitter van die owerheid se raad is. Kapuuo meen Katjiua is nie korrek as opperhoof verkies nie. Katjiua vra die hof vir ‘n bevel wat Kapuuo verbied en weerhou om voor te gee om namens hom op te tree sowel as ‘n bevel dat hy nie voort mag gaan met ‘n onreëlmatige hoofraadsvergadering wat vir Donderdag en Vrydag belê is nie. Katjiua wil ook hê die hof moet Kapuuo verbied om toegang tot die bankrekenings van die owerheid te kry. Regter Herman Oosthuizen hoor die aansoek, wat om nege-uur begin, aan.