Steenkamp sê oor 10 000 wat jaarliks skool verlaat

Presidensiële adviseur oor jeugsake en ondernemingsontwikkeling, Daisry Mathias, sê alhoewel primêre en sekondêre onderrig in Namibië meestal teen die regering se koste voorsien word, verlaat sowat 10 000 leerders jaarliks skole. Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, vir kommentaar genader. Sy het die statistieke bevestig en gesê skoolverlating word deur verskeie kwessies veroorsaak, waarvan tienerswangerskappe deel van die probleem is.