Operateurs wat leerders vervoer in Gauteng moet beter bestuur

Die polisie in Gauteng doen ‘n beroep op leerder-vervoer-operateurs om versigtig te wees en padveiligheid voorop te stel. Dit volg weens ‘n groeiende aantal padongelukke wat die afgelope tyd aangemeld is. ‘n Skoolbus-ongeluk in Carletonville het onlangs die lewens van drie leerders geëis en 63 is beseer. Die polisiewoordvoerder, Sello Maremane, sê hulle het hierdie week op 61 onpadwaardige leerder-vervoer-voertuie beslag gelê: